Ek wil graag doop.
Aanmelding met die oog op doop geskied soos volg:
• Die Doop vind plaas op die laaste Sondag van elke Maand. Meld asb. drie weke voor die beplande doopdatum by die Kerkkantoor aan.
• Voltooi en handig asb. die nodige aansoek om doop vorm by die Kerkkantoor in, sodat die kantoor alle dokumentasie betyds in gereedheid kan bring.
• Wanneer alle administrasie afgehandel is, sal die Kerkkantoor die doopdatum bevestig en jou kontak vir ’n afspraak vir ’n doopgesprek met die leraar wat die doop sal bedien. Hierdie gesprek vind plaas in die week voor die Doop Sondag.
• LW: moet asb. nie reëlings tref met familie of vir ’n funksie voordat die doopdatum bevestig is nie – die gemeente behou haarself die reg voor om die doopdatum te bepaal nadat alle formaliteite afgehandel is.
Navrae: Kerkkantoor - 011 391 8183


