Gemeentebediening
Doelstelling: Geesvervulde, Relevante en Vreugdevolle Gemeenskap-sporing
Doelwitte:
- Multimedia: Dienslewering tydens alle dienste.
- Gasvryheid: Om enige kerkbesoeker só tuis te laat voel, dat hulle graag weer sal wil kom.
- Toerusting: Om elke lidmaat behoorlik toe te rus, sodat hy/sy in staat is om geestelike volwassenheid te bereik en oorgaan tot dade.
- Erediens: Geesvervuld, Relevant en Vreugdevolle Erediens-ervaring.
Individuele kommissies
1. Toerustingskommissie onder leiding van Emile van der Merwe, 082 594 2615
Hierdie kommissie inisieër en fasiliteer verskeie toerustingsgeleenthede.
Dit sluit onder andere die volgende in:
• Doopbediening / voorbereiding
Voornemende doopouers word toegerus in die geestelike begeleiding van hul kinders. Meer besonderhede is op die Kalender beskikbaar. Navrae: Hans van der Merwe - 083 250 3551
• Die aanbied van ’n maandelikse Bybelskool –en Aktueel,
• Huwelikskursusse
• Geestelike Verrykingskursusse
• Geestelike Leierskapsessies
• Ouerbegeleidingsessies
• Volwasse belydenisaflegging
Wil jy graag belydenis van geloof aflê of gedoop word omdat jy nie as jongmens belydenis afgelê het of gedoop is nie? Skakel gerus vir Dr. Danie Malan of Petro Blaauw en hy/sy sal jou met die proses help. Dit sluit werklik sinvolle gesprekke in en sal jou toerus vir jou geloofsreis. As deel van die proses word jy ook gekoppel aan ’n mentor (Dr. Danie Malan of Petro Blaauw) – ’n geestelik volwasse gelowige wat jou sal aanmoedig, vir jou sal bid en met wie jy kan praat oor die eise wat geloof aan mens stel in jou huis, by die werk en in die alledaagse lewe. Ons sien daarna uit om jou te ontmoet! Daar word ook van u verwag om 8 Wandel in die Woord geleenthede by te woon. Ons sien daarna uit om jou te ontmoet!
Verantwoordelike leraar: Dr. Danie Malan. Tel: (011) 391 1343 , Sel: 082 784 9338
E-pos: danie@kruin-kerk.co.za
Hierdie kommissie het ook die volgende groepe onder sy vaandel:
• Bybelstudie vir dames - Dinsdae om 10:00 by die kerk, onder leiding van Lorraine Schutte - 083 304 1502.
• Lidia Bybelstudiegroep – Woensdae om 10:00 by die kerk, onder leiding van Jakkie Visser - 082 225 2137.
• Kleingroepbybelstudie – Donderdae om 14:00. Navrae:Laetitia Brits 082 741 3163.
• Daniël Gebedsgroep. Hierdie groep mans kom Dinsdae om 05:00 in die Bidlokaal bymekaar. Navrae: Hennie le Roux 082 881 7244.
• Daar is ‘n spesiale gebedsgroep, ook onder leiding van Elsabé van Eeden, wat elke Sondag voor die eredienste in die bidlokaal bymekaarkom.
• Ester Bybelstudiegroep – Hierdie groep dames vergader Donderdae om 07:45 in die bidlokaal. Navrae: Izette Soiné – 083 274 5941
2. Eredienste by Kempton-Kruin. Ons gemeente heg groot waarde aan die inkleding van ons eredienste en jy kan ’n bydrae hiertoe lewer.
2.1 Eredienskommissie olv Dolf Broodryk 083 455 7085. Hierdie kommissie is hoofsaaklik by die volgende betrokke:
• Erediensterugvoering aan leraars
• Vasstel van Preekbeurte
• Gasvryheid binne die erediens
2.2 Musiekbediening
09:00 Eredienste: Richter Grimbeek (083 556 7784) en Didie Roux (083 718 8584)
18:00 Eredienste: Hester van der Westhuizen (082 839 2502)
2.3 Multi-media & Klank. Navrae: Andries van Zyl (082 410 1298)
2.4 Kempton-Kruin Kerkkoor. Die koor oefen elke Dinsdag om 19:00 (behalwe tydens skoolvakansies). Navrae: Didie Roux - 011 391 8183
2.5 Diakens (Erediens). Hulle is verantwoordelik vir insameling van dankoffers tydens erediens & dienslewering tydens nagmaal.
Navrae: George Barnes 083 275 1242


