Jeug –en Gesinsbediening
Doelstellings vir Jeug -en Gesinsbediening: “Met ons oë op God gerig wil ons verhoudinge bou met kinders, tieners en gesinne van ons gemeente, wil ons hulle toerus met die Woord van God en vir hulle die ruimte skep om, binne die aksies van JAS, elkeen volgens sy Godgegewe talente en gawes die Here te dien. Ons wil graag ook na kinders, tieners en gesinne wat onverskillig staan teenoor God en sy kerk, uitreik met liefde en deernis.”
1. Kinderbediening
Verbeel vir jou ‘n plek waar kinders tuis voel, sodat hulle hulleself kan wees en uitleef. ‘n Plek waar ‘n kind nie ‘n geleentheid wil misloop nie, want hulle weet hierdie is ‘n plek waar ek behoort. Hierdie plek is ook waar hulle van Jesus hoor en Jesus se liefde by ander kan ervaar en leer om meer soos Hy te wees. ‘n Plek waar kinders behoort, te behoort. In Markus 10 hoor ons van kinders wat na Jesus toe kom met ‘n verwagting om net by Jesus te wees. Jesus se arms is oop vir kinders (alle kinders). Jesus wil hê dat kinders Sy liefde moet ervaar en weet dat hy veilig en belangrik in Jesus se arms is. Kinderbediening probeer om ‘n so ruimte vir kinders te wees. (vir verdere inligting Kliek hier)
Kontakbesonderhede
| Lucille Basson Besige Bytjies Bababediening. Babalokaal. 011 972-8902 081 270 4216 lucillebas@gmail.com |
Sonja Botha Dapper Muise Peuterbediening. Peuterlokaaal. 011 421 6823 (w) 083 635 5520 sonja@spsprint.co.za |
| Marlouise Booyse Kaalvoet Kleuterbediening. Rooi Saal 011 972-1480 0828802299 mbooyse@safair.co.za |
Sonet Bekker Tekkie Junior Kinderbediening. Blou Tent. 011 979-3791 084 247 4842 sonet@bekkerfs.co.za |
| Corriana Nel Veter Senior Kindbediening. Oranje Tent. 011 979-4662 071 352 6677 corriana@telkomsa.net |
Jan Nel Kinderaksies en Uitreike. 011 972-2031 0837520877 jan-nel@live.co.za |
| Schalk Basson Leraar/Ouerbediening. Jeugkantoor 011 972-8902 0827756269 schalk@kruin-kerk.co.za |
René Ferreira Kinderkerk-koördineerder. Kinderkerkkantoor 0836683696 ReneF@Nedbank.co.za |
2. ‘n Senior Jeugskool vir alle Graad 7-11’s
Wanneer: Sondae om 16:30
Navrae: Rene Ferreira 083 668 3696
3. Belydenisklas
Wanneer: Sondae om 16:30
Navrae: Andries van Zyl 082 410 1298
4 SAM(Sending A Message) - Kempton Kruin Kunstebediening
'n Groep mense met 'n passie om hul kreatiwiteit tot eer van die Here te ontwikkel en te gebruik, in die gemeente asook in die wêreld. Verskeie spanne is betrokke:
Produksiespan: Dans(modern, freestyle, hip-hop en vele meer), toneelspel, sang en mimiek
SAM Band: Komponeer en skryf eie lirieke, maar speel ook reeds bestaande musiek.
Ondersteuningspan: Beligting, klank, stage setup, make-up artists en nog vele meer.
Skilders, digters en skrywers: Of jy papier, doek of enige ander materiaal gebruik, kom deel met ons die dinge wat in jou hart en gedagtes leef.
Daar is vir iedereen se talente plek by SAM. Al wat God nodig het om mee te werk, is ‘n bereidwillige en entoesiastiese hart. Ons sien daarna uit om jou te ontmoet.
Navrae: Anmari Engelbrecht 076 600 1513
5. Heel Programreeks (gebaseer op Church Initiative se internasionaal bekende, Bybels-gegronde programme: Before you Divorce, DivorceCare en DivorceCare for kids)
Kempton-Kruin se HEEL Programreeks is daarop gemik om ondersteuning voor, gedurende en na egskeiding te bied.Ons voor-egskeidingsprogram ondersteun paartjies met ‘n huwelik in krisis, en met 5 private sessies probeer ons versoening bewerkstellig. DivorceCare en DivorceCare for Kids bied ondersteuning vir mense en hul kinders wat worstel met hul lewenspad vorentoe, gedurende en na ‘n egskeiding.
Before you Divorce word op versoek aangebied. DivorceCare en DivorceCare for Kids word op geïdentifiseerde/vooraf bepaalde Donderdagaande aangebied. Dit is ‘n 13-week siklus, maar mense kan by enige sessie inskakel, dit hoef nie sessie een te wees nie. Kontak net vooraf sodat ons vir jou voorsiening kan maak .
Vir enige navrae, skakel asb. Alta Engelbrecht by 082 856 9108.
6. GIM (God-in-my) Bybelstudie
Hierdie groep jongmense (bo 30) kom weekliks op Dinsdae om 19:00 bymekaar, onder leiding van Neels Marais (083 320 5950).
7. DIESEL (Tienerbyeenkoms) olv. Neels Marais, elke Donderdgaand om 18:00.
Familiedag 2012
Hierdie sal soos ‘n “Bring en Braai”
geleentheid wees
Vure sowel as “Fun” vir die hele Familie sal verskaf word…
So kinders bring maar jou swemklere saam en ouers trek
gemaklike klere aan…
WAAR:
Kempton-Kruin. Kerkgronde
WANNEER:
29 Januarie 2012
TYD:
11:00-14:30
WIE:
Alle Families in ons gemeente!


