Kruin-Uitreik

Inleiding

    Hand 1:8 “Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel (my getuies wees) – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.”

    Kruin-Uitreik is betrokke by ‘n verskeidenheid sendingaksies soos byvoorbeeld 'n Middestad Straatuitreik, elke 2e Saterdag van ‘n maand.

        Hierdie bediening, fasiliteer ook Kempton-Kruin se ondersteuning aan 10 sendelinge.

 

Bert en Anna Ruizendaal van Mission Possible Ministries

• Die Ruizendaalgesin is lidmate van Kruin-gemeente. Op die foto staan ’n sendeling, Merrill, tweede van links.
• Bert en Anna is betrokke by sendingprojekte plaaslik: Kempton Middestad, Tembisa – in Afrika: Swaziland, Zimbabwe, ander Afrikastate en wêreldwyd. Hulle missie is om die sendelinge in die veld te onderskraag en waar moontlik, verligting in die bedienings te bring
• Hul werk ook saam met verskeie ander sendingorganisasies wêreldwyd.
 

 

Bettie Loock van SAAWE - Suid Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE)

- Bettie, regs, saam met haar suster tydens ’n evangelisasieveldtog in Frankryk vanjaar.
- Bettie staan in diens van SAAWE en reël seminare, doen uitstallings, is ’n spreker tydens seminare en doen talle ander administratiewe take.
- Sy is ’n ervare evangelis en bidder en reik gereeld saam met Kruin-uitreik in die middestad van Kempton uit asook op O R Tambo lughawe.
- Bettie het ’n passie vir die nood van die mense van Tibet en beywer haar vir die verkondiging van God se Koninkryk daar.
- Sy is ’n lidmaat van NG Kempton Park-gemeente en woon buite die stad op ’n kleinhoewe saam met ander SAAWE personeel.

Dr. Chris en Elize Steyn van Nederland

• Hy is ’n Suid-Afrikaanse mediese dokter wat die afgelope 27 jaar in en buite Nederland sending- en evangelisasie werk doen.
• HCF se hoofdoelwit is om die evangelie wêreldwyd aan dokters, verpleegsters en ander mediese personeel te bring.
• Hy  spandeer  ongeveer ses maande in die jaar buite Nederland om HCF takke wêreldwyd te besoek en  te bemoedig.
• Hy is die redakteur en/of mede-outeur van 16 boeke waarvan 'n aantal reeds in agt tale vertaal is.  Hy het reeds in 55 lande as spreker  en opleier opgetree. 
• Sy vrou, Elize, sukkel met haar gesondheid.

 

 

 

Die Internasionale Koördineerder van Healthcare Christan Fellowship International (HCF) met Nederland as basis.
Ds Vadim Poddubsky van die Oekraïne, in stad Dnipropetrovsk

• Hy werk as ’n tentmaker-predikant in sy geboorteland.
• Weens, onder andere, finansiële druk, verskuif  hy en sy vrou Lena en hul dogter,  Katy nou sy woonplek van die stad na ’n plattelandse dorp.  Hy sal nog sy verpligtinge in die stad kan nakom.
• Hy is betrokke by klein groepe, kort kursusse vir (veral leke) pastore, kollege studente, kinders en ’n rehabilitasie sentrum.  Hy preek ook by kleiner gemeentes.

 

 

Ds. Manasse en Olina van Institute for Christian Higher Education (Hefsiba) in verre noorde van Mozambique

* Ds Manasse is die Direkteur (prinsipaal) van Hefsiba

*Wat reeds bereik is:
1994 : Hefsiba begin met die gee van opleiding
1997 : Die BA Teologie  graad (4-jaar kursus) is geakkrediteer deur die  Noordwes Universiteit (Potchefstroom)
2008 : Hefsiba is erken deur die Regering van Mozambique as ’n Tersiêre  Instituut
2011 : Ds Manasse studeer tans vir sy doktersgraad aan Noord-wes Universiteit in Potchefstroom.
* Sy vrou, Olina, het gesondheidsprobleme.

Eric en Alet Marais - Petra Kollege Kinderbediening

- Eric werk as menslike hulpbronbestuurder by Petra Kollege in Witrivier.
- Die kollege bied opleiding aan kinderevangeliste van die Kaap tot Kaïro.
- Eric moet sy eie ondersteuning werf.
- Alet werk tans nog in Kempton Park en sien om na hulle belange hier.

Gebeds- en finansiële ondersteuning benodig. Meer inligting is op aanvraag beskikbaar.

'n Boodskap vanaf Eric

Ons is nou in die peilvak van 2011 en die jaar lê byna op sy rug. As ons terugkyk vra ons seker mekaar af wat het ek en jy daarmee gemaak. Het ons vreugde ervaar, vreugde aan ander gegee. Het ons iets vir iemand beteken? Wat het ons vir die Here beteken. Was ons hier op aarde Sy hande, voete, mond, ens. Wat doen ons op aarde – verheerlik ons Hom – die Skepper, Herskepper en onderhouer van ALLES en ALMAL.

Ek deel graag met julle Psalm 139 wat so mooi geskryf is. Die digter praat in vers 13 van “U het my gevorm, my aanmekaargeweef (mooi né) in die skoot van my moeder. (Die Boodskap stel dit so – “U het my tot in die fynste detail gemaak.”) Dan vervolg hy in die daaropvolgende verse “Ek wil U loof want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. (Die Engelse weergawe – New Living Translation – praat van “Your workmanship is marvelous …”). Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kan sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Wat hierby aansluit is Efesiers 1:4 en ek haal dit uit die Boodskap aan: “Hy het ons wat aan Jesus behoort, gekies (uitverkies) nog lank voor die wêreld gemaak is.” Besef ons dat God aan ons, nietige mensekind gedink –selfs meer as gedink het,UITVERKIES het, nog voordat Hy die wêreld gemaak het. Dat ons name toe al in die Boek van die Lewe geskryf was. Dat daar toe al bepaal is hoe lank ons op hierdie aarde sou leef. Laat dit jou ook klein voel?

Meeste van ons is ouers en selfs baie is reeds grootouers. Wat vir ons (ek en Aletta) die afgelope paar jaar so wonderlik was, was om te sien hoe ons twee kleinseuns gebore is, so perfek en natuurlik die “mooiste en slimste” soos almal sal sê. Psalm 139 het vir ons nuwe betekenis gekry toe ons die voorreg kon hê om ‘n “4D-scan” van ons kleindogter te kon sien, wat as dit die Here se wil is binnekort gebore sal word. Daar in die moederkoot, waar slegs God behoort te sien, het ons gesien (heilige grond noem ons dit) – elke toontjie, voetjie, handjie, vingertjie, mondjie, tongetjie en noem maar op, perfek soos net Hy dit kan doen – aanmekaargeweef. Wat ‘n voorreg om hulle te sien wanneer hulle gebore is, en grootword. Wat ‘n voorreg om te weet dat hulle ouers, wat genadiglik ook kinders van die Here is, hulle kan opvoed in die vrese van die Here en ons as oupas en oumas hulle kan geniet en help grootmaak en hulle van Jesus Christus kan vertel.

Hoe langer ek by Petra Kollege betrokke is, hoe meer besef ek die geweldige groot verantwoordelikheid om ons kinders van kleins af van Jesus se liefde te vertel. Ons is ook so bewus van afwesige ouers. Kinders wat gebore word en nie eers weet wie hulle ouers is nie, wat nog te vra waar hulle is. Wat in die sorg van ander gelaat word en dalk nooit eers die Verlossingsplan hoor nie. Ons het ‘n verantwoordelikheid hier. Bid saam met ons vir “arbeiders” om te help om te saai en die oes in te bring. Ons Kollege het hierdie gewilliges nodig, maar elkeen van ons kan ook ‘n verskil maak. Raak betrokke – op watter manier ook al.

Dankie vir julle ondersteuning, maak nie saak op watter manier nie, sodat ek ook my roeping kan uitleef. Ons Skepper sorg so goed vir ons , soos Aletta altyd sê: “Die Here se voorsienigheid gaan my verstand te bowe”.

Ons gebed vir elkeen van julle is dat julle binne die wil van God sal leef en dat Hy julle oorvloedige seën sal gee en mag julle ook gedurende hierdie kerstyd die Christuskind in julle feesvieringe sal vind. Mag 2012 ‘n jaar wees wat almal sal onthou, om te sien hoe Suid-Afrika en sy mense terugdraai na God.

Seënwense

Eric en Aletta Marais

Eugene en Mauricette Coetzee van Frankryk

- Eugene is besig met die voorbereiding van die aanbieding van ‘n gebedskool vanaf April tot Julie 2012 by die Youth With A Mission-Cévénnes basis in Vezenobres.
- Hy gee ook lesings by ander YWAM basisse in Frankryk - Le Gault la Foret en
Saint Paul en bied gebedsopleiding aan Franse en besoekers uit die buiteland .
- Verdere werksaamhede is die stig van huisgroepe en Bybelstudiegroepe. 
- Mauricette tree op as spreker by seminare wêreldwyd en tree dikwels as vertaler op. Sy gee ook lesings by YWAM se opleidingsgeleenthede
- Hulle het onlangs uit Marseille na die platteland verhuis. Eugene het voorheen in Marseille gebedsleiding gegee.

JJ en Aldi Janse van Rensburg (nie ondersteun deur Kruin a.g.v. gebrek aan fondse)

- J J en Aldi  is Kruinlidmate en het ’n roeping van die Here ontvang om in Indië te gaan werk.
- Tans berei hulle nog voor om te gaan en besoek Indië dikwels.
- Die Here het reeds aangedui waar Hy hulle wil hê en JJ ondersoek die haalbaarheid van ’n besigheid om as tentmaker daar te gaan werk.
- Finansiële- en gebedsondersteuning is welkom en besonderhede van hul planne en stuursel is beskikbaar.

Kruin Uitreik Jaco en Beulah: Dankie vir die hulp met die bakkie
Marthinus Steyn van Tsjaad

Marthinus Steyn van Tsjaad, is besig met voorbereidings vir ‘n twee-jaar geletterdheidsprojek onder die Massalit in vlugtelingkampe in Tsjaad. Hierdie betrokkenheid sal ook  evangelisering en kerkplanting in ‘n Moslem land kan moontlik maak.

Massalit Prentjiewoordeboek