Missie
Om in liefdevolle verhoudings teenoor God, mekaar en die wêreld te leef, want:
- Verhoudings is die kernwoord van kerkwees vandag.
- Mense groei geestelik deur verhoudings.
Mense groei deur lewenservaring met mekaar te deel, by wyse van hul stories en deur die Woord van God dag en nag te oordink, sodat ons mekaar kan ondersteun, heelmaak en kan uitreik na die wêreld as dienende en blymoedige gelowiges, op ou en nuwe alternatiewe maniere.


