Ondersteuningsbediening

Ondersteuningsbediening

Die aanbied van 'n effektiewe ondersteuningsdiens vir alle bedieninge, deur goeie verhoudings, organisasie en vir die hulpbronne wat nodig is vir die taak , binne en buite NG Kempton-Kruin gemeente

 

 

1. Reklame
Het jy ‘n passie vir Reklame? Wil jy graag betrokke raak by die kreatiewe kommunikasie van ons gemeente se programme. Skakel gerus dan vir Gert Reynolds by 011 391 8183.

2. Diensverhoudinge kommissie (DVK)
Dit is soos die menslike hulpbronne departement van enige onderneming. Die kommissie het as doelwit: die fasilitering van optimale omstandighede waarin die personeel hulle menswees en verantwoordelikhede die beste kan uitleef. Vir navrae en skriftelike aansoeke: John Wilkinson 083 702 0157

3. Eiendomskommissie
Hierdie kommissie is verantwoordelik vir die versorging van alle eiendomme (binne en buite), kreatiwiteit rondom die geboue, versorging van die terrein en tuine, asook nuwe spasie-ontwikkelinge. Navrae: Tienie du Plooy – 011 394 9625.

4. Finansiële Kommissie
Die Finansiële kommissie is verantwoordelik vir die bestuur en beplanning van die gemeente se finansies. Vir navrae en skriftelike aansoeke: Rensu Nel 082 734 0700.