Seniorbediening

Seniorbediening

Hierdie bediening het ontstaan uit 'n behoefte om senior lidmate 'n geleentheid te gee om met ander lidmate van dieselfde ouderdom te kommunikeer en te assosieer. Lede word toegerus om volwaardig deel te bly van die gemeente en die breë geloofsgemeenskap. Seniors eet, speel, lag en skerts saam.  Die Woord word op ‘n eiesoortige wyse bedien, om sodoende die eise wat ouerword stel, die hoof te bied.
Daar word verder gepoog om seniors, nie net verstandelik en geestelik te versorg nie, maar ook na hulle fisiese behoeftes om te sien. Lede word ook aangemoedig om betrokke te raak by gemeenskapsprojekte. Hul visie is om vir mekaar om te gee, mekaar te ondersteun en te dien. Die aard van die byeenkomste wissel.  Hou gerus die afkondigingsblaadjie dop vir besonderhede.
 

Vir enige navrae, skakel:  Dr. Dolf de Beer by 082 820 4192