Vrouebediening
Vrouebediening
Die Vrouebediening verteenwoordig al die vrouelidmate van die gemeente en vorm `n netwerk deur die gemeente wat poog om omgee vir mekaar `n werklikheid te maak.
Hulle is deur die jaar betrokke by begrafnisse, Senior Aksie, Huis Bermuda se verjaarsdae, kerkraadsvergaderings, teeskink na oggenddienste en ander behoeftes wat mag ontstaan, asook bv. by kostafels by kermisse en ander geleenthede.
Hulle reël ook per geleentheid sprekers, om in die behoeftes van vrouelidmate te voorsien.
Navrae: Nonnie Malan – 082 725 0858


