Gasvryheidspan
Gasvryheid is ‘n kern-waarde by Kruin-kerk. Daarom het ons aktiewe Gasvryheidspanne wat by die eredienste diens doen. Hulle take sluit die volgende in:
- Gebed op Liturgiese ruimte
- Groet by deure – bladjies uitdeel
- Deel besoeker-pakkies uit aan die wat hande opsteek (tydens diens)
- Neem kollekte op (tydens diens)
- Ontmoet Nuwe intrekkers in Kuierkamer (na die diens)
- Berei Nagmaal voor en deel die tekens uit.
Indien jy belangstel om deel te word van hierdie span, kontak:
Schalk Basson vir Oggenddiens-span (0827756269) of Michelle van Tonder (0836498301) vir Aanddiens-span.