Ons hou lekker Gemeente basaar op 6 en 7 September en hier is waarna jy kan uitsien: 

Vrydagaand is dit ons gewilde ete en veiling.  Kaartjies is R150 per persoon, R50 vir kinders en R2200 VIP kaartjies per tafel.  Hierdie is ‘n hoogtepunt kuiergeleentheid vir elkeen in ons Gemeente en ook om mense van buite ons Gemeente na te nooi.  Kom kry jou kaartjie na die erediens in die kerksaal.  Laat weet ons ook as jy kan help met borge vir die veiling.

Saterdag skop ons 08:00 af met ‘n 5 kilometer pretloop wat deur Run Walk for life aangebied word.  Inskrywings is R50 per individue of R100 vir die hele gesin.  Daar gaan ‘n gelukkige trekking op die dag wees met verskeie pryse waarvan een ‘n jaar lidmaatskap by Run Walk for life is.  Trek volgense die Karnaval tema waarvoor die beste uitrusting ook ‘n prys gaan wen.  Kom skryf solank in by die basaar-tafel in die kerksaal

Verder gaan ons die Saterdag propvol maak met lekker stalletjies en aktiwiteite vir almal in die huis.  Jy kan help deur goedere te borg wat ons nodig het vir die dag of jou dienste te kom aanbied by ‘n stalletjie.  Sien die brokkies en nuusbrief vir wat alles benodig word en kom skryf jou naam op die lys by die basaar tafel van waar jy kan help.  Kom koop ook ‘n R100 lootijie kaarjie vir die Marquee tent en staan ‘n kans om ‘n bok te wen.

Kom ons werk saam as Gemeente en liggaam van Christus om hierdie ‘n baie spesiale en feestelike dag te maak.