Spesifieke roeping
Huise wat Jesus volg onder leiding van Sy Gees, deur:
- God te aanbid
- Saam te kom
- Te leer by Jesus
- Te vertel van Jesus
- Om te gee
it vir die Here te lewe op elke terrain van ons lewe – huwelik, gesin, werk, sport, en in al ons verhoudinge.
Algemene roeping
Voluit vir die Koninkryk
“Die koninkryk is naby” was die hart van Jesus se boodskap. Om voluit te lewe te lewe vir die koninkryk beteken dat ons God vra en vertrou om as Koning te heers oor elke mens se lewe en die mag van die bose te breek. Ons beloof om ons allereers te beywer vir God se koninkryk (Matt 6:33) en om voluit vir die Here te lewe op elke terrain van ons lewe – huwelik, gesin, werk, sport, en in al ons verhoudinge.
Waardes
Kempton-Kruin onderskyf die waardes van:
- Gasvryheid
- Samehorigheid
- Vrymoedigheid
- Opregtheid
Die Heel ondersteunings-program bied ondersteuning vir mense wat worstel om met hul lewe aan te gaan tydens of na egskeiding. Daar word ook in dieselfde tydgleuf ‘n program aangebied vir kinders tussen 5 en 12 wat vasgevang is in die storm van egskeiding. Die program word op Dinsdae vanaf 18:30 aangebied.
Kliek hier vir die pamflet met volledige inligting oor hierdie program.
Doelwitte
Kempton-Kruin se doelwitte:
Om God groot te maak (Aanbidding)
- Om saam te lewe voor sy aangesig
(Groei in dissipelskap) - Om die evangelie uit te dra (Evangeliseer)
- Om gemeenskap van die heiliges te ervaar; en (Gemeenskap)
- Om diens te lewer aan mense in nood
(Omgee)