Nuwe intrekkers

Baie welkom aan al ons nuwe intrekkers en besoekers!

Hier het ons `n plekkie vir almal – oud en jonk: babas, kleuters, kinders, tieners, ma, pa, oumas, oupas, enkellopendes en selfs huiswerkers.
Persone wat inligting oor die gemeente wil hê of belangstel om lidmaat van Kempton-Kruin gemeente te word, kan die kerkkantoor kontak of na afloop van elke by die Gasvryheidspan in die Kuierkamer aanmeld.

Die nuwe intrekkers vorm moet ingevul word en kan dan teruggestuur word d.m.v. e-pos (ontvangs@kruin-kerk.co.za) of faks (011 391 4712) of by die kerkkantoor ingehandig word of in die posbus by die kerkkantoor gegooi word. U kan gerus vir Isél Dippenaar in die Kerkkantoor skakel vir verdere navrae.

Omdat elke nuwe persoon vir ons kosbaar en belangrik is reël ons ‘n ontmoeting-sessie met die nuwe intrekkers waar hulle die leraars kan ontmoet en hul inskakeling by die gemeente vergemaklik word.  By hierdie ontmoeting sal elkeen ingelig word van die begiening aan en verwagtinge van ons lidmate by Kruin.

 Vir algemene navrae: Stuur gerus ‘n e-pos aan admin@kruin-kerk.co.za of skakel 011 391 1343.

Ons vertrou dat u in Kempton-Kruin ‘n ware geestelike tuiste sal vind

Kliek hier om die nuwe intrekkers vorm af te laai.