Ondersteunings
Die Ondersteuningsbediening se rol is die aanbied van ‘n effektiewe ondersteuningsdiens vir al ons bedieninge, deur goeie verhoudings, organisasie en vir die hulpbronne wat nodig is vir die taak, binne en buite NG Kempton-Kruin gemeente. Die volgende dienste word aangebied:
Eiendomme
Hierdie kommissie is verantwoordelik vir die versorging van alle eiendomme (binne en buite), kreatiwiteit rondom die geboue, versorging van die terrein en tuine, asook nuwe spasie-ontwikkelinge.
Navrae:
Cobus Marias
(s) 076 673 9183
Diensverhoudinge
Hierdie kommissie sien toe dat billike arbeidspraktyke gehandhaaf word. Hierdeur word verseker dat die werkgewer en die werknemer die verpligtinge wat hulle teenoor mekaar het, getrou sal nakom.
Navrae:
Jannie Steenekamp
(s) 082 824 5002
Kommunikasie
Kommunikasie dien die gemeente in geheel as die spreekbuis na die gemeenskap. Dit word gedoen in samewerking met leraars, personeellede en bedieningsleiers. Geen kommunikasie kan in isolasie gebeur nie en dit is die taak van ons Kommunikasie-span om alles wat gedoen, gewys, gemaak, gedruk en gesê word, kollektief te benader en geheelbeeld te gee volgens ons Gemeente se visie en missie.
Navrae:
Sonja Botha
(s) 083 635 5520
Finansies
Die Finansiële Kommissie het ten doel om te verseker dat fondse aangewend word volgens die visie van die gemeente (begrotings gebaseer) en in oorstemming met die eenfondsbeleid van die Gemeenteraad.
Navrae:
Cobus Marais
011 391 1343
Kerkkantoor
Die Kerkkantoor is deel van die liggaam-van-Christus-in diens en stel hom ten doel om d.m.v. goeie verhoudinge ‘n uitnemende diens aan die gemeente van Kempton-Kruin en sy gemeenskap te lewer.
Navrae:
Cobus Marais
011 391 1343