Tiener- en Gesinsbediening
In ons huidige samelewing is daar ongelukkig baie jongmense wat voel dat kerk en Christenskap nie eintlik saak maak nie en dat hulle nie die sin daarin sien om enigsins deel te wees van ‘n geloofsgemeenskap nie.
Maar by Kruin Tienerbediening sien ons hierdie as ‘n ideale geleentheid om die waarheid en waarde van Christenskap weer te kom bevestig. Ons sal deur goeie en regte antwoorde op vrae soos – wat glo ons; hoekom is dit waar en hoekom maak dit saak – vir jongmense opnuut die belangrikheid en voordeel van ‘n verhouding met Jesus kom wys.
Bedieningspunte
1. Tiener-kuier: 16:45 – Jerusalem strand
Hierdie is ‘n sosiale ruimte wat spesifiek vir tieners ingerig is om saam met mekaar te kan kuier voor die erediens begin.



2. Erediens en Jeugkerk (Gr 8-10): 17:15-19:15 – Kerkgebou, Betlehem & Nasaret
Goeie boodskappe en inhoud wat tieners toerus en begelei om in ‘n verhouding met Jesus en as doelgerigte Christene te lewe.
3. Belydenisklas: 7:15-19:15 – Kerkgebou en Jerigo
Om kinders te help om te weet wat hulle glo en met sekerheid hulle geloof te kan verdedig. Hulle groei tot geestelike volwassenheid om volle verantwoordelikheid vir Kruin se toekoms te neem.
4. Matrieks en Jongvolwassenes: 18:15 koffie-kuier na aanddiens
Selgroep vir jongmense wat spesifiek fokus op hoe ons prakties en doelgerig ons Christenskap kan uitleef.
Erediens en Jeugkerk 17:15
Belydenisklas |
Dr. Danie Malan: Leraar 082 784 9338 |
![]() |
Gr 8-10 |
Michelle van Tonder: Leraar 083 649 8301 |
![]() |
Ouers |
Schallk Basson: Leraar 0827756269 |
![]() |
Jeugwerker |
Anrich van der Merwe 083 257 6768 |
![]() |
Registrasie & Admin |
Isel Dippenaar 082 066 3934
|
![]() |